Omenby 120 vrouens het Saterdag oggend bymekaar gekom in die KJS saal vir n vroue oggend vondsinsameling vir die NG Kerk.
Die dames het n lekker oggend saam spandeer wat selfs ‘n skattejag ingesluit het sowel as ‘n lekker peusel-ete met drankies.
Je-ani Swiegelaar, oftewel Naomi van Binnelanders, het haar skreeusnaakse eenvrouvertoning, ‘Swipe Regs’ aangebied waarin sy haar ondervinding met liefdes afsprake gedeel het terwyl sy n unieke koek bymekaar geslaan het!
Dankie aan almal wat bygewoon het. Te danke aan die goeie ondersteuning was die vroue dag na n groter saal geskuif. Ook dankie aan al die gas vrouens vir die pragtige tafels







